Ek lees. Ek lees baie. Ek lees enige iets waarop ek my hande kan kry. As ek badkamer toe gaan en daar is nie ‘n boek nie lees ek die geskryf agter op die spuitkannetjie. (3 sekondes if that) Dan lees ek weer die smse op my foon. As ek kon, sou ek in die kar ook gelees het terwyl ek bestuur. Ek lees terwyl ek kos maak, ek lees, ek lees, ek lees.
Liefie weet dit. Ek het, ongelukkig vir hom, nou ‘n stunning boek gekry wat my besig hou. Ek het hom in 2 dae cover tot cover gelees. Ek het afgeskaal op die lees, want mens kan seker nie jou partner drug om conversation te vermy sodat jy kan lees nie? Of kan jy? Na gisteraand oorweeg ek dit!
Nou kyk, as ek lees vergaan alles om my. Ek het nie kinders nie, ek het nie ‘n verhouding nie, ek bly nie in my crappy 2 slaapkamer woonstel waar die sitkamer gordyne te kort is om die hele venster toe te maak nie, ek eet saam met die karakter in die boek, so kosmaak is ‘n bysaak, bly waar hulle bly, het hulle lewe. . . Weet nie of daar ‘n ander manier is om dit te ervaar nie, maar dis hoe ek dit doen.
Gisteraand het ek kos gemaak om almal se bekkies stil te kry, bietjie gesit en kak praat terwyl ons aan ons vleisie gekou het (dankie Mams vir die steak, dit was stunning) en toe 7de laan begin, my boek gegryp en verder ontdek wat DNA en cloning tot gevolg kan hê. Niks daarmee fout nie.
Of so het ek gedink.
Volgende oomblik is liefie weg. Ek hoor toe die badwater tap in en assume (never assume: it makes an ass/(of)/u/(&)me) dat dit soos elke ander aand sal verloop: “Lief, die badwater is in gaan ons bad.” Ja, ja, ek is bederf
Die het toe nooit gebeur nie en ek assume toe verder dat hy wou skeer en hare was en wat ook al dit is wat mans doen as hulle alleen wil bad. Uhm, ek was verkeerd. Hy is toe nou hoogs ongelukkig met my wat ‘hom ignoreer en die boek wat belangriker is as om tyd by hom te spandeer’. Dude, bad move.
Ek is nou nog moerig. MOET ek dan 7de laan kyk? MOET ek elke aand vandat ek by die huis kom totdat ek gaan slaap onverdeelde aandag aan hom en die kinders gee? MOET SE GAT. Wat van wat EK wil doen en wat EK geniet. Sit ‘n bleddie van Damme dvd op ( ek kyk NIE movies wat ouens wat vrouens slaan ryk maak nie, ek doen NIE van Damme nie!!! ) dan kan ek mos in rus en vrede lees, jy kan jou dvd kyk en ons kan nogsteeds lê en voetjie-voetjie speel op die bed.
*klap tong HARD en stamp voete op die grond*
Niemand sal my oortuig dat ek moet ophou lees nie. Gaan nie gebeur nie. Ek lees dan tot as ek moet werk en die grootste krisis, voor die gemors van gisteraand, in my lewe is dat al my bloggers ophou blog!!! Dankie DGS dat jy nog effort maak! DM is af van die lys af, Steve het sy blog sommer delete, Phycotic Secretary is weg. . . ek ervaar groot verwerping en disappointment deesdae as ek my ou computertjie aansit.
So, wat doen ek nou? Het gesê, in plain ou Afrikaans en in klein woordjies sodat die select few in my huis wat nie lees nie kan verstaan dat dit groot kak gaan veroorsaak.
Ons vorige tiff was oor vriende, ek het baie (gehad) en hy nie. Hy het gesê in sy ondervinding veroorsaak dit net onnodige wrywing en issues. Ek het gehuff en gepuff en getantrum en hy het voet by stuk gehou en gesê hy verbied my nie om enige iemand te sien nie, hy sal altyd gemanierd en vriendelik wees as ek iemand oornooi, maar ek moet weet ek is sy beste en enigste pel en dis nou maar hoe dit is. As ek nog ander mense nodig het is dit reg met hom. And I thought: victory!!! Ek is maar van nature S T A D I G E R as ander mense en ons het dinge so toe gerun, my pelle het gekom en gaan soos altyd, ons het nie daaroor baklei nie en die lewe was lekker. En toe is dit nie meer so lekker nie.
Ek het ons tyd saam gemis. Ek het terug gedink aan wat het die grootste invloed gehad om my vorige verhoudings op te bogger en besef, my hel, dit was die konstante toeloop van ‘vriende’ en hulle uitgesprokenheid oor alles. Van hoe ek aantrek tot hoe my verhouding is. En ja, van hulle het my man seduce, ander het my verlei en twee egskeidings later kom die man in my lewe en guide my stadig tot die ontdekking dat daar wel lewe is sonder vriende.
Verstaan mooi, ek het nie almal afgesny nie. Die wat oor is, is die moeite werd. Die wat weg is kan as volg opgesom word:
“sy” – daar was ‘n paar van hulle. Twee was my ‘beste maatjies’, hulle het my man probeer steel, tussen ons gekom, vir hom gelieg oor my, vir my gelieg oor hom en na die egskeiding vir jare probeer om hom te kry. Een van hulle het hom op die einde gehad vir ‘n rukkie, maar KARMA is ‘n bitch en hy het haar gelos vir sy tweede vrou. Tweede vrou het sommer vinnig met die ander enetjie die scalpel uitgehaal en die bande gesny. Ek wonder of hy al besef het hoe slinks daai twee was.
“dit” - redelike onlangse afsnyding die. Ek kan nie genoeg dink hoe dankbaar ek is dat dit verby is nie. Ek doen nie goed met mense wat lieg nie. Ek was vir te veel jare ‘n leunaar en ‘n bedrieer, so ek sien sulke mense gou-gou en raak erg verveeld en geirriteerd met hulle. Kort opsomming: great girl, bietjie mollig, kak huwelik. Sy skei, verloor gewig, begin rondslaap so erg dat die stories by die werk rondlê en ek gewaarsku word om nie saam met haar uit te hang nie, want dit maak my naam sleg. Ouch. Na vele trane en hard dink (ons was soos sussies) en baie mooi praat met haar om te vra of ek kan help is dit nou verby.
‘hy’ – die een wat my al 5 jaar lank as ‘vriendin’ het en ‘met my wil trou’ maar hy kan nie, want hy moet na sy Ma kyk. Ons maak dates, dan daag hy net nie op nie. Na so 6 maande se heartbreak het ek voorgestel ons bly eerder net pelle. Ons gesels lekker, ons het common interests etc. Ek hoor so een keer in 3 maande van hom, so vir ‘n week en dan weer niks. Onlangs het hy gevra hoe dit gaan en my antwoord was “verloof dankie en jy?” Nou chat hy elke dag met my op google. Ek het finally die guts gehad om vir hom te sê ek dink nie die vriendskap is gesond nie. Ons gaan altyd wonder en dit gaan my en sy planne om geluk en ‘n toekoms te hê in die wiele ry. Dit was nie lekker nie, was nog minder lekker om hom te block, maar dit is so.
Die malletjies wat wel oor is: my roomie van Technikon wat in die Kaap is, my beste maatjie van St 3 af, my nuutgevonde blog maatjies, scrat en vroutjie en my baie besonderse skewe maatjie julle is great, en julle is eerlik en opreg. Dankie daarvoor.
Aan my beste-beste-beste maatjies: my boeke. Daar is nie ‘n MANIER wat ek julle sal uitsny nie. Julle het my al deur te veel donker dae gedra.
Ek ramble, maar ek moes. Ek voel nou beter. Ek sal dit kan handle en ek sal hom maak verstaan: die een is nie oop vir onderhandeling nie. Maar eers sal ek hom ‘n vet soen gee, ‘n stywe drukkie en dan sê dankie dat jy geduld het met my, dankie dat jy my die pad wys (al verstaan ek nie altyd dadelik nie) en dankie, sommer net oor jy JY is.
Lekker naweek outjies.







